Dr Marti:
Nadat sy in 1999 geopereer is vir 'n breintumor kon Dr Marti nie verder praktiseer nie. Sy het haar begin toespits op apies en spesifiek die rehabilitasie van nagapies en ook blou-apies.

Dr Sarel en Marti het in 2004 begin om hulle plot naby Roodeplaat dam te onwikkel. Daar is tans drie luukse gastehuisies wat gehuur kan word vir 'n heerlike wegbreek.. Die plot grens aan die Pienaarsrivier en verder is daar nege damme gebou wat almal Bloukurpers bevat. Die die vier grootstes bevat ook volop Grootbek swartbaars ( Bass).

Daar is geereld dagbesoekers wat kom visvang, voëls kyk, bergfietsry, stap, piekniek hou of sommer net kom ontspan.


Sien ons webwerf  www.ithumela.co.za

Maargedurende 2010 word sy vir 4 maande opgeneem in 'n pynkliniek. Die wonderwerk gebeur en sy word volkome genees. Sy is deur die Here se genade nou weer in staat om pasiënte te kan sien.


Laetitia is die oudste en is nou 23. Sy studeer  Soos haar ma is sy versot op diere en lyk haar kamer soos 'n dieretuin met visse, pappegaaie, muisvoëls, 'n Kwê-voël, likkewaantjies, spinnekoppe, skerpioene en verskeie ander goggas.

Diana is 19 en haar  groot passie is sang en drama. Sy studeer Musical Theater aan die Stagedoor Akademie.

Dr Marti, Laetitia en Diana het almal swart gordels in Tae-kwondo en het hulle ook deelgeneem aan die wêreldkampioenskappe in die VSA. Dr Marti het as wêreldkampioen in haar kategorie teruggekeer en beide Laetitia en Diana as reserwe wêreldkampioene.

En wat is dr Sarel se passie?
"My werk is nie net my passie nie, maar ook my roeping. Liewe Jesus het my die opdrag gegee om Sy kinders gesond te maak en te dien. Dit is vir my 'n wonderlike manier van Lofprysing!" Daarom werk ek soos in Koll. 3:23

Verder is hy mal oor sy gesin en sy visse. Af en toe ry hy ook fiets en probeer darem om jaarliks aan die Agus fietstoer deel te neem.