Metaboliese Sindroom is die nuwe buzzword van die 21e eeu. Soos wat AIDS die "killer" van die afgelope 20 jaar was en steeds gaan aanhou, is Metabliese Sindroom die "killer" van die komende 20 jaar.

Die Metaboliese Sindroom:

  • Buikomtrek meer as 97cm by 'n man en 90cm by 'n vrou
  • Oorgewig volgens BMI (Body Mass Index)
  • Hoë bloeddruk  (Hipertensie)
  • Suikersiekte (Diabetes mellitus)
  • Hoë cholesterol (Hiperlipidemie)

Primêr word dit met 'n maatband diagnoseer.
Dit wys nog voor bloeddruk,suiker en cholesterol verhoog.
Baie persone praat van Insulienweerstandigheid, maar dit is alreeds 'n voorlopersimptoom van Metaboliese Sindroom en Diabetes.

Dit word al hoe meer besef dat die pasiënt behandel moet word nog VOOR die ander afwykings begin. Maw begin vir diabetes behandel terwyl daar nog 'n normale bloedglukose is.

Weer eens is voorkoming beter en MOET elkeen die risiko en gevaar besef.

Sorg dat jou buikomtrek minder as die bostaande normale waardes is.
Verloor gewig!

Jou BMI     
massa    in    kg            moet tussen 20 en 25 wees.
           lengte in cm x lengte in cm

Jou bloeddruk moet so na as moontlik aan 120/80 wees en nooit meer as 140/90
(laer as 120/70 by diabete.)

Jou bloedglukose moet nie meer as 6.3 wees nie.

Jou totale cholesterol moet minder as 5 wees. (Strive for five)

Jy MOET ophou rook  (Sien TWISP elders--die veilige opsie om wel te rook)

OPSOMMEND:
  • Eet reg en verloor gewig. Klik hier vir Meditireense Diëet.
  • Oefen ten minste 3x/week vir 40 min waar jou hartspoed bo 60% van jou maksimum hartsoed is. (Maksimum hartspoed= 220-ouderdom)



Verdere artikels:

Dr Sarel Koen Tuisblad
| Praktyk Inligting | Die Storie van Jurie Jig | Fibromialgie / Yuppie Griep | Metaboliese Sindroom | Die Familie | Downloads