FIBROMIALGIE VRAE EN ANTWOORDE:

Bestaan daar werklik so iets soos Fibromialgie/Yuppie Griep?
Ja en nogmaals JA! Daar is dokters wie nie daarin glo nie. Maar ek het dit afgelope 10 jaar so dikwels diagnoseer en behandel en met sukses. Pasiënt van ander provinsies het my al hieroor kom sien.

Wat is dit?
Fibromialgie is 'n chroniese pynsindroom wat gepaardgaan met moegheid. Dit is 'n groot sosiale probleem veral in die gesinsopset aangesien die pasiënt nie so sy lyk soos wat sy sê nie. Ek noem sesifiek sy, aangesien dit baie meer algemeen in vroue is.)

Hoe word dit gediagnoseer?
Daar is geen bloedtoetse, X-strale, sonar of MR wat Fibromialgie diagnoseer nie.
Gewoonlik as ek die pasiënt sien, is daar al wat 'n toets is reeds gedoen en alles is normaal. Tog voel die arme pasiënt terrible en niemand wil haar glo nie. Want soms gaan dit beter en meer dikwels gaan dit baie sleg.

Hoe kry 'n mens dit?
Soos genoem word dit meer dikwels by vroue gediagnoseer.
'n Troumatiese insident kan dit trigger--dikwels iemand wie seksueel gemolesteer is, dood van 'n kind, eggenoot, ouer of iemand baie naby aan die pasiënt of selfs 'n motorongeluk.

Wie kry dit?
Dit is meer algemeen in vroue bo die ouderdom van 30, maar enige persoon van enige ouderdom kan dit kry.

Is daar behandeling voor?
Ja, verseker is daar behandeling voor, maar dit is dikwels multidisiplinêr. Maar sekerlik die belangrikste is die pasiënt se eie wil om saam te werk. Medisyne en inspuitings alleen gaan jou nie gesond kry nie.

Genees dit ooit?
Ja dit genees wel. Die langste duur wat ek nog behandel het, het 7 jaar aangehou. So ek is baie optimisties oor die prognose.
Hoe verskil dit van Polymyalgia Rheumatica?
PMR het 'n skielike aanloop van 1 tot 2 weke en die piekinsidensie is 70 jaar oud. Dit is 'n baie onwaarskynlike diagnose by persone jonger as 50 jaar. PMR word met hoë dosisse kortisoon behandel.

Verdere artikels: